Teologiese Opleiding
Vir almal wat in onafhanklike kerke betrokke is en wil leer om sy eie huisgemeente te bedien
Of sommer net 'n Christen met 'n brandende begeerte in die hart om die Bybel beter te verstaan en waardeer.
Ook vir mense wat die kennis wil verwerf om ander wat in krissis is uit die Bybel te help en weer op die pad te kry.
Hier is 'n teologiese kursus met 'n verskil.
- Sterk Bybelgesentreerd. Al 24 modules leer jou meer van die Bybel, net uit 'n ander invalshoek.
- Uitgangspunt is dispensasioneel maar gebruik ook algemene teologiese boeke om studente volledig aan al die teologiese hoofstrome bloot te stel.
- Bybelstudie en Skrifverklaring is prominent. Studente leer om die Bybel te interpreteer en self te kan besluit oor wat waar en wat vals is.
- Ons benadering is fundamenteel. Die Bybel is die onfeilbare Woord van God en ons leer studente om dit te verstaan en onwrikbaar te verdedig.
- Ons doel is om mense op te lei om die verlossingsboodskap van Jesus Christus grondig te ken en instaat te wees om dit met oortuiging te predik.
Laai die volgende twee files af. Die eerste een is 'n gedetaileerde beskrywing van hoe die kurus werk en die tweede is 'n inskrywingsvorm. Regskliek op die ikoon en kies "save as"
Kursus detail
Inhoud, tydskale, kostes, boeke en geloofsverklaring. Opgedateer op 31 Des. 2011
Inskrywingsvorm